Op 19 April, het HMP se dogters deelgeneem aan die, “Battle of the Blood”, bloedskenkgeleentheid. Hierdie geleentheid was soos ‘n “Interskole Bloedskenkdag.” Vier van die dogters in graad 12, het die dag gereël.
Met die Girls’ High magic in die dogters se are, het hulle 32 pinte bloed doneer, en het die “Battle of the Blood” tussen die deelnemende skole gewen.
‘n Trofee is vandag aan die skool oorhandig om hierdie oorwinning te bevestig.
Foto, v.l.n.r: Jill Nicolas (WP Bloedbank), Mev van Zyl (skoolhoof), Danielle Birch, Lauret van Zyl, Anja van Dyk en Tinyiko Mngqibisa (WP Bloedbank)
(Zané Chapman afwesig met foto).