Alexa Terblanche
Speeltoneel in samewerking met kykNET se Uitblinkers is ‘n nuwe geleentheid-gedrewe dramaprojek. Daar het ongeveer 500 leerders oudisies afgelê om gekies te word. In die proses is die verkose leerders ‘n geleentheid van ‘n leeftyd gebied!
Alexa Terblanche (Gr. 7) het die oudisie geslaag. Die projek behels die opleiding van televisie-drama. Daar is 12 maande om gereed te maak vir ‘n episode opname van Uitblinkers wat uitgesaai word op kykNET se kanaal 146 op DSTV. Die projek word gedryf deur akteur en sanger, Izak Davel. Baie geluk, Alexa!
Die skool is baie trots op jou, Alexa!