Saterdag, 5 Oktober, het groot opwinding verskaf met die Twizza Super School Series by die Groenpunt-stadion, waar skole van die Oos- en Wes-Kaap, in die kwalifiserende streekrondte meegeding het om in aanmerking te kom vir die gesogte titel van SA se beste atletiekskool. Dit sal vroeg in 2020 bepaal word.
Hoër Jongenskool Paarl het met 14,931 punte bo-aan die punteleer geëindig, gevolg deur Boland Landbou met 14,199 en Parel Vallei met 12,370 punte.
Luciano Custodio het die eerste plek op die podium in die 400 m-hekkies mans o.19 verseker met sy indrukwekkende tyd van 55,33s.
Fotograaf: Carel Stander