[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
So het die laaste skooldag aangebreek vir die Matriekklas van 2018, inderdaad ’n dag van baie laastes. Die vlae is ingedra, die Volkslied is gesing en boodskappe is deur die hoofleiers en die skoolhoof gelewer, alles vir die laaste keer. Daarna het die matrieks die saal verlaat en die saaldeur is vir die laaste keer deur die hoofleiers toegemaak.
Soos wat een deur op ’n skoolloopbaan simbolies egter toegaan, so wag daar baie nuwe deure in die toekoms om oopgemaak te word.
Tradisies soos wat jy net hier by Hoër Jongenskool Paarl kry, het gesorg vir ’n knop in die keel en ’n traan in die oog tydens hierdie laaste saalbyeenkoms vir die 2018-matrieks.
Hoër Jongenskool Paarl se beste seënwense vergesel elke matriekleerder. Baie sterkte en voorspoed met die eindeksamen.
TANDEM FIT ABOR SURCULUS
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”17897,17898,17899″ posts_number=”3″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]