[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Tydens die vakansie, 30 September tot 4 Oktober, het die Uppie-skuts, as deel van die Noord-Kaapspan, aan die SA-skole skietkompetisie te Newcastle deelgeneem. Elné du Toit het ‘n 100-tal geskiet in haar eerste lê-posisie en Juan Steenkamp het algeheel derde geëindig en as deel van die o/21 Sportergeweerspan het hulle ‘n derde plek behaal. Janko Botma het ‘n eerste plek in die staanposisie en ‘n derde plek in die 3-posisie gekry en algeheel tweede geëindig in die o/14 Veergeweerafdeling. As deel van die o/14 Veergeweerspan het hulle eerste geëindig. Markus Gous het ook algeheel vyfde in die o/14 Veergeweerafdeling geëindig.
Foto: Janko Botma, Elné du Toit, Juan Steenkamp en Markus Gous
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]