Heart Healthhttps://sol-tech.co.za/>

HJS-Krieketfees 2025 – Hoërskool Stellenberg

HJS- Krieketfees 2025. Hoërskool Stellenberg, Kaapstad, se o.15A-krieketspan het weer vanjaar die voorreg gehad om aan die gewilde HJS-Krieketfees 2025 deel te neem.

Dag 1

Hoërskool Stellenberg se 1ste XI-span wen Hoërskool Montana (Pretoria) met 5 paaltjies. Jan-Jak Alberts vaar skitterend met die bal en neem 4 paaltjies vir slegs 26 lopies in sy 10 beurte.

Hoërskool Stellenberg se o.15-krieketspan verloor teen Hoërskool Montana (Pretoria) met 1 paaltjie. ‘n Totaal van 231 vir die Jade-span was ongelukkig net nie genoeg vir Montana nie. Francois Hugo teken 91 lopies van 142 balle aan.

Dag 2

Hoërskool Stellenberg se o. 15A-krieketspan verloor teen Westville met 126 lopies. Westville kolf eerste en teken 219 op die telbord aan. Divan de Lange neem 3 paaltjies vir 31 in 6 beurte. Westville se boulwerk was net te goed vir Hoërskool Stellenberg en hulle word uitgeboul vir 93 lopies.

Dag 3

Hoërskool Stellenberg se o. 15A-krieketspan wen Hoërskool Vryburg met 166 lopies. ‘n Pragtige vertoning met die kolf deur Divan de Lange met 140 (142) lopies neem hy Hoërskool Stellenberg na 309/7 in hulle 50 beurte. Hoërskool Stellenberg boul Hoërskool Vryburg vir 143 lopies in 43 beurte uit.

Dag 4

Hoërskool Stellenberg se o. 15A-krieketspan kom teen HJS Paarl se uitnodigingspan te staan. HJS kolf eerste en teken 304 lopies in hulle 50 beurte aan. Francois Stemmet neem 4 paaltjies in sy boulspel.

Hoërskool Stellenberg teken slegs 156 lopies aan en verloor die wedstryd met 148 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://stellenberg.org.za/

Foto vaerskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen, Boksburg benodig ‘n buite-afrigter vir rugby. Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://www.egjansen.co.za/

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms – Welkom Volkskool

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms. Welkom Volkskool atlete het tydens die jaarlikse Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms rekords gebreek. Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://welkomvolkskool.co.za/ Foto verskaf

Leave a Reply

You Missed

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms – Welkom Volkskool

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms – Welkom Volkskool

Hoofseun 2025 – Hoërskool DF Malan

Hoofseun 2025 – Hoërskool DF Malan

Senior Meriete-aand – Hoërskool Kemptonpark

Senior Meriete-aand – Hoërskool Kemptonpark
VRL 2025 – Hoërskool Sentraal

Schools Netball – Eunice High School

Schools Netball – Eunice High School