)

HJS-Krieketfees 2025 – Hoërskool Stellenberg

HJS- Krieketfees 2025. Hoërskool Stellenberg, Kaapstad, se o.15A-krieketspan het weer vanjaar die voorreg gehad om aan die gewilde HJS-Krieketfees 2025 deel te neem.

Dag 1

Hoërskool Stellenberg se 1ste XI-span wen Hoërskool Montana (Pretoria) met 5 paaltjies. Jan-Jak Alberts vaar skitterend met die bal en neem 4 paaltjies vir slegs 26 lopies in sy 10 beurte.

Hoërskool Stellenberg se o.15-krieketspan verloor teen Hoërskool Montana (Pretoria) met 1 paaltjie. ‘n Totaal van 231 vir die Jade-span was ongelukkig net nie genoeg vir Montana nie. Francois Hugo teken 91 lopies van 142 balle aan.

Dag 2

Hoërskool Stellenberg se o. 15A-krieketspan verloor teen Westville met 126 lopies. Westville kolf eerste en teken 219 op die telbord aan. Divan de Lange neem 3 paaltjies vir 31 in 6 beurte. Westville se boulwerk was net te goed vir Hoërskool Stellenberg en hulle word uitgeboul vir 93 lopies.

Dag 3

Hoërskool Stellenberg se o. 15A-krieketspan wen Hoërskool Vryburg met 166 lopies. ‘n Pragtige vertoning met die kolf deur Divan de Lange met 140 (142) lopies neem hy Hoërskool Stellenberg na 309/7 in hulle 50 beurte. Hoërskool Stellenberg boul Hoërskool Vryburg vir 143 lopies in 43 beurte uit.

Dag 4

Hoërskool Stellenberg se o. 15A-krieketspan kom teen HJS Paarl se uitnodigingspan te staan. HJS kolf eerste en teken 304 lopies in hulle 50 beurte aan. Francois Stemmet neem 4 paaltjies in sy boulspel.

Hoërskool Stellenberg teken slegs 156 lopies aan en verloor die wedstryd met 148 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://stellenberg.org.za/

Foto vaerskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal