Hart van Omgee – Me Mioné Marais, onderwyseres van C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, het met ‘n hart van omgee, haar oor Terina Retief ontferm om die Midmarmyl te voltooi.
Terina, ‘n graad 8 leerder van Oranje Meisieskool, is gesiggestrem. Sy ly aan ‘n genetiese siekte oorerflik van haar ouers naamlik Keëltjie-Stafie-Distrofie, wat die keëltjies en stafies in die retina aantas. Sy het ongeveer 10% sig. Omdat haar oë baie ligsensitief is, moet sy in die buitelig ‘n sonbril dra. Sy sukkel ook om te fokus.
Terina is ‘n baie goeie swemmer en het verlede jaar in die Primêre Meisieskool Oranje se skoolspan geswem. Sy behoort ook aan ‘n swemklub in Bloemfontein.
Terina wou graag aan die Midmarmyl saam met haar skoolmaats deelneem. Me Mioné Marais, Terina se geskiedenis onderwyseres, het met ‘n hart van omgee besluit om haar oor Terina te ontferm. Sy het as gids vir haar opgetree. Me Marais het al talle kere die Midmarmyl aangedurf.
Me Marais is baie bly dat sy dit saam met Terina kon aanpak en is baie trots op Terina se tyd van 37 minute.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto en Video voorsien
Become a Sponsor








