Ons is baie trots op Hannes Swart. Hy is die nommer 1-tennisspeler vir die o.17A Wes-Kaapspan wat gedurende 10 -13 Julie in Durban aan die “SA School Sports”-kompetisie deelgeneem het. Die toernooi is deur die Departement van Kultuur en Sport en Departement van Basiese Onderrig gereël.
Hannes het sy span gelei en is die enigste speler wat 15 uit 15 wedstryde in die enkels, dubbels en gemengde dubbels gewen het, sonder om een stel af te staan. In hierdie foto staan Hannes in sy Wes-Kaap spandrag met die goue medalje vir die eerste span van die toernooi.