Drie-en-veertig leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale het die vakansie aan die Jeugskou Wes-Kaap Kampioenskap op Bredasdorp deelgeneem.
Hulle het in die klasse wolskape, vleisskape, veselbokke, pluimvee, melkbeeste en vleisbeeste asook in kookkuns gekompeteer.
Na afloop van die kampioenskap word nie minder nie as sestien Oakdalers in die WP-span ingesluit. Hulle sal in September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Vryburg gaan deelneem.
Deeglike voorbereiding vir die SA Kampioenskap kan gedoen word met die nuwe seisoen-streekskoue wat reeds op 11 April in Clanwilliam tydens die Sederbergstreekskou plaasvind. Alle voorspoed word hulle toegewens.
Foto: Die sestien Oakdalers in die Wes-Kaapspan is:
Agter: v.l.n.r.: Gabri Volschenk, Schutte Müller, Visser Wessels, Abri Otto, Juann Turck, Pietie Groenewoud, Déhan du Pisani, Emdee Deyzel en Rohan Barry.
Voor: v.l.n.r.: Mnr. Fanus Fourie, Uysie Keyser, Janco Uys, Stephen Meyer, Regardt Erasmus, Bian van As, Henco Lubbe en Gerhard Ferreira.