)

GROOT GETAL OAKDALERS IN JEUGSKOUSPAN

Drie-en-veertig leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale het die vakansie aan die Jeugskou Wes-Kaap Kampioenskap op Bredasdorp deelgeneem.

Hulle het in die klasse wolskape, vleisskape, veselbokke, pluimvee, melkbeeste en vleisbeeste asook in kookkuns gekompeteer.

Na afloop van die kampioenskap word nie minder nie as sestien Oakdalers in die WP-span ingesluit. Hulle sal in September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Vryburg gaan deelneem.

Deeglike voorbereiding vir die SA Kampioenskap kan gedoen word met die nuwe seisoen-streekskoue wat reeds op 11 April in Clanwilliam tydens die Sederbergstreekskou plaasvind. Alle voorspoed word hulle toegewens.

Foto: Die sestien Oakdalers in die Wes-Kaapspan is:

Agter: v.l.n.r.: Gabri Volschenk, Schutte Müller, Visser Wessels, Abri Otto, Juann Turck, Pietie Groenewoud, Déhan du Pisani, Emdee Deyzel en Rohan Barry.

Voor: v.l.n.r.: Mnr. Fanus Fourie, Uysie Keyser, Janco Uys, Stephen Meyer, Regardt Erasmus, Bian van As, Henco Lubbe en Gerhard Ferreira.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal