)

Groot gees by Dasse-atletiek

Hoërskool Langenhoven in Riversdal het op Donderdag, 17 Januarie, die atletiekseisoen met ‘n opwindende kleure-byeenkoms begin.

Die dag het bestaan uit lekker eetgoed, musiek, goeie gees, mooi uitrustings en pragtige atletiekprestasies.

Die beste prestasies van die dag, volgens ASA se tabel, was Nelani Nel met 828 punte vir gewigstoot (Dogters O/17) en Stephan Prinsloo met 673 punte vir diskus (Seuns O/19) – hy het boonop die 100m ook gewen! Stephan is die Senior Victor Ludorum.

Die Senior Victrix Ludorum is Alika Steyn, die Junior Victor Ludorum is Wyatt Adams en die Junior Victrix Ludorum is Mienke Doubell.

‘n Totaal van 313 leerders het vir die byeenkoms ingeskryf. Die geelspan het die beker vir die meeste punte verower en die sangbeker is tussen die geel- en groenspan gedeel.

Vlnr: Wyatt Adams (Junior Victor Ludorum), Mienke Doubell (Junior Victrix Ludorum), Alika Steyn (Senior Victrix Ludorum) en Stephan Prinsloo (Senior Victor Ludorum).

Lede van die geelspan vlnr: Declan Roberts, Elizmarie Solomon, Marlé van Wyk, Jamy Riddles, Francois van Wyk, Justin Riddles, Elkie van Wyk en Frangelique September.
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal