HoĆ«rskool Langenhoven in Riversdal het op Donderdag, 17 Januarie, die atletiekseisoen met ān opwindende kleure-byeenkoms begin.
Die dag het bestaan uit lekker eetgoed, musiek, goeie gees, mooi uitrustings en pragtige atletiekprestasies.
Die beste prestasies van die dag, volgens ASA se tabel, was Nelani Nel met 828 punte vir gewigstoot (Dogters O/17) en Stephan Prinsloo met 673 punte vir diskus (Seuns O/19) ā hy het boonop die 100m ook gewen! Stephan is die Senior Victor Ludorum.
Die Senior Victrix Ludorum is Alika Steyn, die Junior Victor Ludorum is Wyatt Adams en die Junior Victrix Ludorum is Mienke Doubell.
ān Totaal van 313 leerders het vir die byeenkoms ingeskryf. Die geelspan het die beker vir die meeste punte verower en die sangbeker is tussen die geel- en groenspan gedeel.
Vlnr: Wyatt Adams (Junior Victor Ludorum), Mienke Doubell (Junior Victrix Ludorum), Alika Steyn (Senior Victrix Ludorum) en Stephan Prinsloo (Senior Victor Ludorum).