Op 15 September 2017 het 27 van CVO Gromar, Groblersdal, se landloop atlete gaan deelneem aan die BCVO se Landswye Landloop kampioenskappe te Kleinfontein.  Die landloopbaan het ‘n hele paar verrassings en uitdagings gebied vir elke ouderdomsgroep wat hul uithouvermoë behoorlik beproef het. Daar is deur plantasies gehardloop met ‘n onverwagse waterpoel hier en daar.
Gromar se atlete het besonder goed gevaar en het weggestap met 13 medaljes vir 1ste, 2de en 3de plekke. Daar was ook ‘n spankompetisie wat dit vir elke atleet die moeite werd gemaak het om sy/haar beste te gee. Die streek wat die beste vaar met hul eerste drie atlete wat inkom, wen die spankompetisie en elkeen van hul verdien ook ‘n goue medalje.
Gromar se atlete het soos volg presteer:
Hercules Möller (0/8) 3de
Tinika vorster (0/8 D) 1ste
Diaan Oosthuizen (0/9) 2de
Elandré Mallo (0/10 D) 1ste
Werner Nienaber (0/11) 2de
Almarie Nel (0/12) 3de
Reinhardt Wolmarans (0/13) 1ste
Pieter-Willem Möller (0/14) 3de
Lean Vosloo (0/15 S) 1ste
Johan Bester (0/15 S) 2de
Bernard Burger (0/15 S) 3de
Marné de Jager (0/17 D) 1ste
Heinrich Oberholzer (0/17 S) 3de
Die Gromar atlete wat deel was van ‘n wenspan en die spankompetisie gewen het, was:Â
Diaan Oosthuizen en Michiel Genis (0/9)
Tinika Vorster en Ilané van der Baan (0/8)
Elandré Mallo en Eunica van der Baan (0/10)
Jan-Hendrik van Staden en Ruben van der Merwe (0/10)
Patrys Burger en Renette Nienaber (0/13)
Reinhard Wolmarans en Charl Vosloo (0/13)
Lean Vosloo, Johan Bester en Bernard Burger (0/15)
Tinika Vorster en Lean Vosloo is nou al die afgelope 3 jaar (2015-2017) SA Landloop kampioene in hul ouderdomsgroepe en het hierdie jaar weer eens hul titel suksesvol verdedig. Wel gedaan julle twee!
Baie geluk aan al die atlete wat ‘n totaal van 21 medaljes uit 27 atlete verower het. Dit is ‘n groot prestasie en daar word nie altyd besef hoe hard hierdie atlete elke dag moet oefen om hierdie prestasies te behaal nie. Julle en julle ouers kan met reg trots wees op julle!