)

Gromar Langasems presteer by SA Landloop

Op 15 September 2017 het 27 van CVO Gromar, Groblersdal, se landloop atlete gaan deelneem aan die BCVO se Landswye Landloop kampioenskappe te Kleinfontein.   Die landloopbaan het ‘n hele paar verrassings en uitdagings gebied vir elke ouderdomsgroep wat hul uithouvermoë behoorlik beproef het.  Daar is deur plantasies gehardloop met ‘n onverwagse waterpoel hier en daar.

Gromar se atlete het besonder goed gevaar en het weggestap met 13 medaljes vir 1ste, 2de en 3de plekke.  Daar was ook ‘n spankompetisie wat dit vir elke atleet die moeite werd gemaak het om sy/haar beste te gee.  Die streek wat die beste vaar met hul eerste drie atlete wat inkom, wen die spankompetisie en elkeen van hul verdien ook ‘n goue medalje.

Gromar se atlete het soos volg presteer:

Hercules Möller (0/8) 3de

Tinika vorster (0/8 D) 1ste

Diaan Oosthuizen (0/9) 2de

Elandré Mallo (0/10 D) 1ste

Werner Nienaber (0/11) 2de

Almarie Nel (0/12) 3de

Reinhardt Wolmarans (0/13) 1ste

Pieter-Willem Möller (0/14) 3de

Lean Vosloo (0/15 S) 1ste

Johan Bester (0/15 S) 2de

Bernard Burger (0/15 S) 3de

Marné de Jager (0/17 D) 1ste

Heinrich Oberholzer (0/17 S) 3de

Die Gromar atlete wat deel was van ‘n wenspan en die spankompetisie gewen het, was: 

Diaan Oosthuizen en Michiel Genis (0/9)

Tinika Vorster en Ilané van der Baan (0/8)

Elandré Mallo en Eunica van der Baan (0/10)

Jan-Hendrik van Staden en Ruben van der Merwe (0/10)

Patrys Burger en Renette Nienaber (0/13)

Reinhard Wolmarans en Charl Vosloo (0/13)

Lean Vosloo, Johan Bester en Bernard Burger (0/15)

Tinika Vorster en Lean Vosloo is nou al die afgelope 3 jaar (2015-2017) SA Landloop kampioene in hul ouderdomsgroepe en het hierdie jaar weer eens hul titel suksesvol verdedig.  Wel gedaan julle twee!

Baie geluk aan al die atlete wat ‘n totaal van 21 medaljes uit 27 atlete verower het.  Dit is ‘n groot prestasie en daar word nie altyd besef hoe hard hierdie atlete elke dag moet oefen om hierdie prestasies te behaal nie.  Julle en julle ouers kan met reg trots wees op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal