Grey Kollege Skaaktoernooi. Hoërskool Fichardtpark het hulself onomwonde gevestig as die top-skaakspan in die Vrystaat. Tydens die Grey Kollege Skaaktoernooi het die Fichie-skaakkampioene algeheel vyfde by toernooi, en 1ste in die Vrystaat geëindig. Van dié wedstryde was die spreekwoordelike Dawid teen Goliat gewees.
Van die uitsonderlike wedstryde:
Hoërskool Fichardtpark se eerste skaakspan:
- 2-2 gelykop teen Hoërskool Waterkloof se eerste span.
- 2-2 gelykop teen Trinityhouse se eerste span.
- 3-1 wen teen Hoërskool Sentraal se eerste span.
- 3.5 – 0.5 wen teen Grey Kollege se eerste span.
Hoërskool Fichardtpark eindig vyfde uit die 12 spanne in die Prestige afdeling. Fichies se tweede span eindig 18de uit 20 spanne.
Finale uitslae in Prestige Afdeling:
- 1ste Crawford International Pretoria
- 2de Helpmekaar Kollege
- 3de Afrikaans Hoër Seunskool
- 4de Hoërskool Waterkloof
- 5de Hoërskool Fichardtpark
- 6de Stirling High School
- 7de Paarl Boys High
- 8ste Grey High School
- 9de Wynberg Boys High
- 10de Trinityhouse Randpark
- 11de Grey Kollege
- 12de Hoërskool Sentraal

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









