)

Gracia Kinderhuis – Bring vreugde vir Wonderboom Tienersteungroep

Gracia Kinderhuis. Hoërskool Wonderboom se Tienersteungroep het met ‘n fondsinsameling R27 000-00 ingesamel ten bate van die Gracia Kinderhuis.  Met dié aksie, wil die Wonnie-steungroep hul leuse van “Dit is beter om te gee as om te ontvang.”  ten volle uitleef. Die Tienersteungroep het na hulle besoek aan die Gracia Kinderhuis, gevoel hulle het self baie meer ontvang as wat hulle gegee het.

Onvergeetlike en mooi herinneringe is geskep in die 90 minute se samesyn.  Opgegeruimde kinder- en tienerstemme het die lug gevul.  Sommige het met die helderkleurige balle gespeel. Van hulle het gesit vir pragtige gesigverf. Party van hulle het met die kleuters en babas gespeel.  Daar is saamgesing, gespeel, gelag en soms ‘n traan gepik.

Dit was swaar om afskeid te neem en die twee groepe het erewagte gevorm uit respek vir mekaar.  Op pad terug, in die Wonderboom bussies, kon die Gr. 11-leerders nie uitgepraat raak oor hoe vervullend hierdie uitreikgeleentheid vir hulle was nie.

Gracia Kinderhuis:  Dankie dat die Wonnies deel van julle lewens kon wees.

V.l.n.r. Mariëtte Fourie (Wonnies), Anna-Marie Laubscher (Gracia Kinderhuis), Trudie Henderson (Gracia Kinderhuis) en Annika van Emmenis (Wonnies)

Lees meer oor Hoërskool Wonderboom:

https://schoolsthatrock.co.za

http://www.wonnies.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal