Graad 8’s verkies vir VLR – Hoërskool Die Wilgers is trots om die nuwe Graad 8’s wat verkies is vir die VLR (Verteenwoordigende Leerderraad) te verwelkom. Julle het reeds gewys dat julle bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en ’n stem vir julle graad te wees.
Wilgies glo dat hierdie geleentheid nie net ’n eer is nie, maar ook ’n kans is, om te groei as jong leiers. Mag julle met toewyding, passie en nederigheid hierdie taak aanpak. Onthou altyd dat ware leierskap begin by diensbaarheid.
Met God se leiding en die ondersteuning van julle medeleerders en onderwysers, weet Wilgies dat julle ’n verskil gaan maak. Hulle staan bankvas agter elkeen van julle en sien uit na die energie en vars idees wat julle gaan bring.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








