Tydens die amptelike saalgeleentheid op Maandag 21 Januarie het die 100 nuwe graad 8-leerders hul Oakdale-baadjies ontvang en hul verbintenis tot die Oakdale-waardestruktuur bevestig deur die “intreeklok” te lui.
Hierdeur bevestig elke Oakdaler die praktiese uitlewing van: eerlikheid, netheid, respek, integriteit, hoflikheid, toewyding en geloof. Die res van die 366 Oakdalers ontvang hul nuwe “boeties” met trots, ontferming en dankbaarheid.
Foto bo: Die graad 8-leerders van 2019 het met trots hul baadjies ontvang.