Tydens die eerstekrieketspan van die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal se wedstryd teen Glenwood House op Saterdag 19 Januarie, het Kaylim Cordier (gr. 11) 109 lopies van 99 balle aangeteken. Kaylim is slegs die vyfde Oakdaler wat ? honderdtal in hierdie liga in die geskiedenis van die skool aangeteken het. Hy bevind hom nou in die geselskap van oudskoliere Kingsley Hopkins, Paul Bosch, Luke Hertz en Frikkie Saayman.
Kaylim het bygedra tot sy span se oorwinning met 134 lopies teen die span van Glenwood op George. Oakdale het 268/4 in 50 beurte aangeteken waarna hul Glenwood vir 134 lopies uitgeboul het.
Afgesien van Kaylim se vertoning met die kolf het hy ook ? boulontleding van 3 vir 23 in 10 beurte. Hy het ook drie vangkanse benut. Voorwaar ? skitterende krieketprestasie wat hy altyd sal onthou.
Oakdale se o.15 A-span het ook met Glenwood House afgereken en met ? oorwinning van 95 lopies van die veld gestap. Die beste kolwers op die dag was Morné Scheepers met 40 lopies en Albert Steyn met 43 lopies. Terblanche du Plessis se drie paaltjies vir ses lopies was die uitsondering onder die boulers.
Foto bo: Oakdale se o.19A-span.
Agter: v.l.n.r.: Christie van Greunen, Sybrand van Dyk, Kaylim Cordier, Jessie Adams, Ashwin Botha, Riaan van Zyl, Kevin de Kock (k.), mnre. J Budricks en A Bester (afrigters).
Voor: v.l.n.r.: Hanno Joubert, Nico Pieterse, Taine Till en Ruhan Els.