Graad 12 Akademiese Prysuitdeling. Hoërskool Fichardtpark het 15 Oktober, tydens hul Graad 12 Akademiese Prysuitdeling, hul Graad 12 Akademiese presteerders vereer. Dit was ‘n spoggeleentheid en Fichies is werklik trots op dié matriekklas.
Leerders vereer vir uitstekende prestasies:
Karla Marais – Fichardtparker van die Jaar. Die toekenning van Fichardtparker van die Jaar is ‘n gesogte titel wat elke Fichie in hul matriekjaar nastreef. Hierdie toekenning word gegee aan die veelsydigste matrikulant. Die wenner van 2024 se Fichardtparker van die Jaar-toekenning is Karla Marais. Karla was onder die Top 14-finaliste in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie.
Tydens hierdie kompetisie is sy aangewys as die Vonkelpersoonlikheid. Karla is ‘n puik redenaar en behaal hoë prestasies by die ATKV Redenaars se Nasionale Kompetisies. Op sportgebied presteer sy in hokkie. Sy was ‘n lid van die Suid-Vrystaat 0.18B en het ook die 0.21 Vrystaat Dameshokkiespan by die ITP’s verteenwoordig. Sy was die onderhoofleier van 2024, aangewys as Mej Fichie 2024, rasieleier en huisleier 2024 en CSV Kringleier (2022-2024). Akademies presteer Karla baie goed en behaal ‘n 78.88% gemiddeld. “Baie geluk Karla. Ons is trots om ‘n ware Fichie ambassadeur soos jy, te kon vereer met hierdie gesogte toekenning.”
Rohan van Wyk
Rohan is die Dux-leerder in Graad 12. Vakprestasies in Afrikaans, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, IGO, RTT en Rekeningkunde. Rohan ontvang die wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskunde, RTT en Rekeningkunde. Hy behaal 86.88% – Penning Akademie. Hy ontvang ook die wisseltrofee vir die Dux-leerder in Graad 12.
Ruald van Heerden
Ruald is tweede in Graad 12. Vakprestasies in Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering, RTT, Toerisme en Verbruikerstudies. Hy deel die wisseltrofee vir die beste prestasie in Toerisme. Ruald ontvang die wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskundige Geletterdheid. Hy behaal 85.71% – Penning Akademie. Hy is tweede in Graad 12.
Miné Kleynhans
Miné is derde in Graad 12. Sy is deel van die Top 20 tydens die Graad 12 Fisiese Wetenskappe Olimpiade. Miné behaal vakprestasies in Afrikaans, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, IGO en RTT. Sy deel ook die wisseltrofee vir die beste prestasie in Engels Eerste Addisionele Taal. Sy ontvang die wisseltrofee vir die beste prestasie in Afrikaans. Miné behaal 84% – Erekleure Akademie. Derde in Graad 12.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










