Free State Road Series. Hoërskool Fichardtpark – Fietsrynuus.
Baie geluk aan Dané Taljaard wat die afgelope naweek aan die Bethlehem & Clarens Free State Road Series deelgeneem het.
Op 21 Maart het sy in die Time Trial (20 km) gery en ’n 1ste plek in die Vrystaat in haar ouderdomsgroep (Junior Vroue) behaal.
Op 22 Maart het sy haar krag weer gewys in die Road Series (80 km) en nóg ’n 1ste plek in die Vrystaat in haar ouderdomsgroep verower.
Dit was ’n naweek vol harde werk, deursettingsvermoë en groot trots – ’n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap!
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










