)

Duitse Taaldiploma – Hoër Meisieskool Oranje

Duitse Taaldiploma: Foto: links, voor: Rewahae Mohapi, Thiamé Hoffman, Bonolo Phala, Anika Kotzé, Kaylin Maartens, Lasya Buys. Agter: Ruby da Silveira, Anabelle Laubscher, Mirah Louw, Dakota Breytenbach. Afwesig: Wilanie Jusjong, Cara Sinclair en Marlene du Plessis.

Duitse leerders van Hoër Meisieskool Oranje het onlangs ’n besondere mylpaal bereik. Twintig graad 11- en 12-leerders van 2025 het die Duitse Taaldiploma suksesvol voltooi en hul internasionale sertifikate in ontvangs geneem.

Die oorhandiging is aan die volgende Graad 11 leerders gemaak:

  • Rewahae Mohapi (diploma)
  • Thiamé Hoffman (diploma)
  • Bonolo Phala (sertifikaat)
  • Anika Kotzé (sertifikaat)
  • Kaylin Maartens (diploma)
  • Lasya Buys (sertifikaat)
  • Ruby da Silveira (diploma)
  • Anabelle Laubscher (diploma)
  • Mirah Louw (sertifikaat)
  • Dakota Breytenbach (sertifikaat)
  • Wilanie Jusjong (sertifikaat),
  • Cara Sinclair (sertifikaat) en
  • Marlene du Plessis (diploma).

Die oorhandiging was ’n spesiale geleentheid. Verteenwoordigers van die Duitse ambassade in Suid-Afrika het persoonlik die sertifikate aan die Oranje-leerders kom uitdeel.

Die Duitse Taaldiploma is ’n waardevolle kwalifikasie wat nie net die leerders se taalvaardigheid bevestig nie, maar ook nuwe deure vir hulle kan oopmaak. Met hierdie diploma kan jongmense in Duitsland gaan studeer of werk. Dit is ’n geleentheid wat hul toekoms wyer en ryker maak.

Hoër Meisieskool Oranje is trots om een van slegs vier skole in die Vrystaat te wees wat Duits as ’n tweede addisionele taal aanbied. Hierdie prestasie beklemtoon die skool se verbintenis om leerders toegang te gee tot internasionale geleenthede en kulturele verbreding.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal