FPL-Kriekettoernooi. Hoërskool Fichardtpark is ongelooflik trots op Diederik de Vos, kaptein van Fichies se 1ste krieketspan, wat die afgelope week aan die gesogte FPL-Kriekettoernooi deelgeneem het.
- Sy span, die Caspian Tigers, is gister gekroon as kampioene van die o.16-afdeling.
- Diederik is volgens statistiek ook aangewys as die beste paaltjiewagter van die toernooi.
- Hy het ook algeheel 8ste geëindig as beste kolwer – ’n prestasie wat sy talent en toewyding onderstreep.
👏 Welgedaan, Diederik! Jou harde werk en passie vir krieket is werklik aansteeklik en ’n inspirasie vir jou span en skool.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










