FPL Krieket 2024. Hoërskool Fichardtpark is baie trots op twee van hul krieketmanne, Jaden Geldenhuys en Diederik de Vos! Die FPL krieket 2024 het Vrydag, 1 Desember begin. Jaden en Diederik beklee tans ‘n eerste en tweede plek vir die meeste lopies aangeteken.
Tydens die eerste wedstryd teken Diederik de Vos 53 lopies aan en spog met 4 briljante vangskote. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys. Tydens die tweede wedstryd teken Diederick die meeste lopies (42) sover in die toernooi aan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









