Fisiese Wetenskappe. Nege leerders van Hoërskool Fichardtpark is na die Vrystaat Skeinat (Fisiese Wetenskappe) konvensie genooi. Die konvensie vind plaas op 14 en 15 Augustus by die Noordwes Universiteit, Potchefstroom kampus.
Die top twintig graad 12 leerders, die top dertig graad 11 leerders en top veertig graad 10 leerders in die Vrystaat Olimpiade 2023 word na die konvensie genooi. Tydens die konvensie word hulle verder ter verryking aan die wêreld van die wetenskap en studiemoontlikhede blootgestel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf