)

Filmit Festival – Paul Roos Filmfees aansoeke nou oop

Filmit Festival. Die Filmit Festival is ‘n filmkompetisie vir hoërskoolleerders van Suider-Afrika (SA en buurlande). Aspirant filmmakers kan kortfilms, dokumentêre, musiekvideos, animasie films, ander films (kunsfilms en “performance poetry”) en advertensies inskryf.

Industrie-spesialiste is uitgenooi om hul kennis en ervaring met belangstellende hoërskoolleerders te deel. Op 28 tot 30 April kon hoërskoolleerders die Filmit Fees se Shop Talk Sessions bywoon. Dit is teen geen koste aangebied by die  Suidoosterfees te Kunstekaap. Oor dié drie dae kon jongmense drie sessies per dag bywoon. Hulle kon die geleentheid ontgin om eerstehands by kundiges te leer.

Nico Scheepers

Nico Scheepers (draaiboekskrywer) en Eduan Kitching (kinematograaf) het oor stories gepraat. Adri Britz en Elle Oosthuizen (IdeaCandy) het leerders touwys gemaak oor hoe om ‘n “pitch” in te dien vir finansiering. Richard Truter het ‘n inspirerende praatjie oor die TV en digitale advertensiewêreld gedeel. ‘n Verdere hoogtepunt was Elle Oosthuizen en Richard Gregory Finn se praatjie oor die maak van dokumentêre. Richard het veral uitgebrei oor die maak van Steinheist – ‘n baie gewilde dokumentêr oor die Steinhoff-sage. Nuwe filmmaker, Sandulela Asanda het saam met haar vervaardiger, Cait Pansegrouw, insae gedeel oor die wonder van die kortfilm. Sy het ook inligting gegee van hoe sy befondsing vir haar eerste speelfilm gekry het.

Nina Swart

Nina Swart het ‘n informale gesprek oor die film- en TV-industrie gevoer. Sy het jongmense se vrae beantwoord , en inligting gedeel het oor minder-bekende beroepe in die bedryf. Akteurs Nicole Fortuin en Charlton George het ‘n insiggewende gesprek gevoer oor die akteur se ervaring op stel. Dit het ingesluit die akteur se verantwoordelikheid op stel, metodes om geestelik gesond te bly in ‘n industrie wat fisies en emosioneel veeleisend is. Hulle het verskeie wenke gegee vir toneelspel voor die kamera. Inligting is ook gegee oor hoe om jou liggaam en stem te gebruik om karakter te bou.

Craig Parker van Motif Studios in Kaapstad het ‘n opwindende aanbieding oor spesiale effekte en animasie gedoen. Leerders met ‘n belangstelling in dié lyn van werk kon na dese uitsien na wonderlike vooruitsigte binne die Suid-Afrikaanse en internasionale landskap. Pierre Greeff (van Die Heuwels Fantasties-faam) het saam met Damiane van Reenen (kinematograaf en redigeerder) gesels oor film vir musiek (musiek videos) en musiek vir film. Al dié sessies word deur die loop van Mei op die Filmit Festival se YouTube-kanaal gelaai. Jongmense van dwarsoor Suid-Afrika kan toegang tot die gesprekke daar geniet. Teen middernag op 22 Mei moet alle aansoeke ingedien word. Die aansoeke is in die vorm van ‘n “pitch” waar hoërskool-leerders hul film konsepte duidelik uiteen moet sit. Duidelike riglyne en kompetisie reëls word op www.paulroos.co.za/filmit uiteengesit. Navrae kan aan media@paulroos.co.za gerig word. 

Links: Eduan Kitching en Nico Scheepers. Regs: Charlton George en Nicole Fortuin
Foto links: Craig Parker en Jan- Hendrik Opperman Foto regs: Jan-Hendrik Opperman en Richard Truter
Links: leerders van New Orleans Secondary School in Paarl Regs: Sandulela Asandra en Cait Pansegrouw
Links: Elle Oosthuizen en Richard Gregory Finn Regs: PRG produksiespan en Mnr Jan-Hendrik Opperman

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal