Fichies Netbal. Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is baie opgewonde om aan te kondig dat die Protea Netbalspeelster, Karla Pretorius, aangestel is as Fichies Netbal se nuwe afrigtershoof.
Die volgende woorde som haar netbalkennis en vermoeë dalk die beste op, met wat Times Live van haar sê:
“Pretorius was named the Most Valuable Player at the last World Cup in 2019. South Africa finished fourth as Proteas enjoyed an impressive run to the semi-finals where they narrowly lost out on a place in the final to Australia.
Karla Pretorius is also widely considered one of the world’s best players at Goal Defense. The consistency in Pretorius’ game, week in and week out is second to none. She shuts down the opposition’s most damaging players in attack while also being a playmaker for her Lightning teammates.”
Karla het die volgende spanne verteenwoordig:
- 2009 tot 2015 Kovsies
- 2013 tot 2016 Vrystaat Crinums
- 2011 tot 2016 Team Bath Engeland
- 2016 tot 2023 Sunshine Coast Lightning Australia
- 2009 tot 2010 Protea o.21
- 2011 to huidig Protea
Karla het ook al meer as 100 wedstryde vir die Proteas gespeel.
Mnr Herman van der Merwe, skoolhoof van Fichies sê die volgende oor Karla: “Die Fichie-gemeenskap is baie opgewonde dat Karla by Fichies Netbal aansluit. Min netbalspelers in die wêreld het soveel ondervinding van die nuutste afrigtingsmetodes en kondisionering. Die tye wat sy met jongmense gewerk het, het sy ongelooflike impak op hulle menswees gemaak. Afrigting gaan juis oor baie meer as net afrigting, maar ook die impak op jongmense se lewens as mentor.”
Karla het ook die volgende toekennings in haar loopbaan ontvang:
- 2014 en 2015 – Varsity Cup speler van die jaar
- 2015 en 2016 – Universiteit van die Vrystaat se Sportvrou van die jaar
- 2017 Australië Super liga se mees waardevolle speler van die jaar
- 2017 Mail and Gardian se top 200 young South Africans
- Sunshine Coast Lightning Kaptein
- Protea onder-kaptein
Karla is baie opgewonde om by Fichies aan te sluit. Sy sê dat sy ‘n nuwe fase in haar lewe ingaan. Sy sien ook uit om terug te ploeg met haar kennis en ervaring. Karla sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die afrigting van die eerste netbalspan, maar ook vir die vestiging van ‘n netbalkultuur en spel-styl by al die spanne. Sy wil baie graag ook haar kennis by die voedings-laerskole inploeg.
Fichies sien uit na ‘n nuwe netbal-era wat voorlê!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf