SA Interprovinsiale Gholftoernooi. Bea Breedt, graad-11 leerder van Hoërskool Ermelo, het Mpumalanga se senior gholfspan verteenwoordig by die SA Interprovinsiale Gholftoernooi. Die toernooi is vanaf 1 tot 6 Oktober by die Umhlali Buiteklub naby Balito gehou.
Bea het uitgestaan as die enigste hoërskoolspeler wat verkies is tot die Mpumalangaspan. Sy het nie net beïndruk met haar uitsonderlike prestasie nie, maar spog ook met ‘n uitstaande rekord. Bea twee van haar vier haar “matchplay”-wedstryde halveer een wedstryd. Verder wen sy drie uit haar vier “foursome”-wedstryde. Haar ongelooflike pogings en vasberadenheid was ‘n sleutelfaktor om ‘n merkwaardige tweede plek vir haar span in die B-afdeling van die toernooi te verseker.
Bea se sukses is ‘n bewys van haar toewyding en passie vir die sport.
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf