Fast 5 netbal. Die o/17-Eagles Fast 5- Netbalspan van Hoërskool Ermelo het op 2 en 3 Oktober aan die SASN Fast 5 kampioenskap deelgeneem. Die kampioenskap is by Hoërskool Florida aangebied.
Die Erries het gekompeteer teen Fast 5 netbal spanne van regoor Suid-Afrika en hulleself uitstekend van hul taak gekwyt.
Die uistlae is as volg:
- EHS verloor 16-32 teen Menlopark (Gauteng 2)
- EHS wen 20-14 teen Noorderland (Limpopo 1)
- EHS verloor 20-26 teen Jan van Riebeeck (Wes-Kaap 1)
- EHS wen teen Upington 23-17 (Noord-Kaap 3)
- EHS speel gelykop met 21 elk teen Hoërskool Jim Fouché (Vrystaat 1)
Die dogters het die EHS met trots verteenwoordig en gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou. Nuwe vriendskappe is ook gesmee en die dogters het, oudergewoonte, veggees getoon.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf