)

Errie-skuts tref kolskoot

Vanaf 18 tot 22 Februarie het die skole-skietseisoen in alle erns afgeskop met die eerste prysskietkompetisie vir die jaar.

Gedurende die jaar neem die skuts aan ses prysskiet-byeenkomste en ‘n streekskompetisie deel om tellings bymekaar te maak. Volgens dié tellings word die skuts uitgenooi na die Mpumalangafinaal waar ‘n span saamgestel word vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Die prysskietkompetisie het in streekverband plaasgevind en die Ermelo streek het by Hoërskool Ermelo geskiet.

Al was dit die eerste kompetisie vir die jaar, het die skuts baie goeie tellings behaal. Al die geweerskuts van EHS neem deel in die sporterklas.

Die Erries skiet baie goed en 13 skuts het hul persoonlike beste tellings geskiet. Die geweerskuts se kompetisie tel uit 1600 punte en die pistoolskuts se kompetisie tel uit 800.

Hier volg van die geweerskuts se tellings:

Reinhardt Vorster 1410, Pieter de Beer 1321 (pb), Herman Holtzhausen 1314 (pb), John-Henri van Zyl 1300, Renel Swanepoel 1281 (pb), Hendrea van Zyl 1207 (pb), Deandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1188 (pb), GJ Swanepoel 1057, Christian Venter 1046 en Eloise Prinsloo 1009.
Herentia van Zyl, Antoni Changuion, Cherlie du Plessis, Riaan Jansen van Rensburg, Werner Vorster en Desmond Slabberts is ook geweerskuts wat hul persoonlike beste tellings geskiet het.

In die pistoolafdeling was die tellings as volg:

Emma Stevens 567 (pb) en Reinhardt de Beer (L/S JJ van der Merwe) 517 (pb).

Baie geluk aan die skuts en sterkte vir die seisoen wat voorlê.

Die Erries is trots op elkeen.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal