Vanaf 18 tot 22 Februarie het die skole-skietseisoen in alle erns afgeskop met die eerste prysskietkompetisie vir die jaar.
Gedurende die jaar neem die skuts aan ses prysskiet-byeenkomste en ān streekskompetisie deel om tellings bymekaar te maak. Volgens diĆ© tellings word die skuts uitgenooi na die Mpumalangafinaal waar ān span saamgestel word vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Die prysskietkompetisie het in streekverband plaasgevind en die Ermelo streek het by Hoƫrskool Ermelo geskiet.
Al was dit die eerste kompetisie vir die jaar, het die skuts baie goeie tellings behaal. Al die geweerskuts van EHS neem deel in die sporterklas.
Die Erries skiet baie goed en 13 skuts het hul persoonlike beste tellings geskiet. Die geweerskuts se kompetisie tel uit 1600 punte en die pistoolskuts se kompetisie tel uit 800.
Hier volg van die geweerskuts se tellings:
Reinhardt Vorster 1410, Pieter de Beer 1321 (pb), Herman Holtzhausen 1314 (pb), John-Henri van Zyl 1300, Renel Swanepoel 1281 (pb), Hendrea van Zyl 1207 (pb), Deandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1188 (pb), GJ Swanepoel 1057, Christian Venter 1046 en Eloise Prinsloo 1009.
Herentia van Zyl, Antoni Changuion, Cherlie du Plessis, Riaan Jansen van Rensburg, Werner Vorster en Desmond Slabberts is ook geweerskuts wat hul persoonlike beste tellings geskiet het.
In die pistoolafdeling was die tellings as volg:
Emma Stevens 567 (pb) en Reinhardt de Beer (L/S JJ van der Merwe) 517 (pb).
Baie geluk aan die skuts en sterkte vir die seisoen wat voorlĆŖ.
Die Erries is trots op elkeen.