Op Saterdag 23 Februarie het Me. Gerda van Zyl en Me. Mariaan Rust die Drama Indaba bygewoon in Pretoria.
Dié kursus is deur die ATKV aangebied. Regisseurs en akteurs soos Kaz McFadden, Schalk Schoombie, André Velts en Henry Mylne het die kursusgangers bemagtig met inligting in verband met die dissipline van ‘n akteur, waar Suid-Afrika se drama staan teenoor die res van die wêreld, hoe om jong mense voor te berei vir naskoolse opleiding in drama, asook wat regisseurs van jong akteurs verwag.
ATKV het ook projekte waarby hulle nou betrokke is, aan die gehoor bekend gestel soos die “Seënsakkie”- en renosterprojek.
EHS se onderwysers het die kursus baie geniet en is dankbaar vir die wonderlike geleentheid.
Foto bo: Me. Gerda van Zyl, Kaz McFadden (akteur) en Me. Mariaan Rust