Gedurende die naweek van 23 Februarie het Surika Struwig, graad 9 leerder van Hoƫrskool Ermelo, aan die Horse of the Year kompetisie deelgeneem. Sy het die Two Moons Appaloosa-stoet verteenwoordig.
Sy behaal die drie eerste plekke met Two Moons Luke’s Gucci vir onderskeidelik Junior Show Riding, Junior Show Hunter en Junior Pleasure Horse.
Surika word ook aangewys as die Junior Kampioenruiter met Two Moons Luke’s Gucci.
Baie geluk, Surika.
Die Erries is besonder trots op jou.