Die naweek van 26 en 27 April, het die Errie-skuts aan die derde prysskiet vir die jaar deelgeneem.
Sewe skole, naamlik Hoƫrskool Ermelo, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoƫrskool Hoogenhout, HTS Middelburg, Hoƫrskool Middelburg, Hoƫrskool Ben Viljoen en HTS Witbank het deelgeneem. Altesaam 124 skuts het geskiet en baie goeie tellings aangeteken.
Die Errie-skuts het, soos gewoonlik, hul baie goed van hul taak gekwyt. Van die tellings sluit in: Reinhardt Vorster 1436, John-Henri van Zyl 1317, Pieter de Beer 1311, Herman Holtzhausen 1267, Renel Swanepoel 1242, Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1189, Hendrea van Zyl 1130, GJ Swanepoel 1084 en Eloise Prinsloo 1080. Herentia van Zyl het haar persoonlike beste telling geskiet.
In die pistoolafdeling het Emma Stevens 569 en Reynhardt de Beer (L/S JJ van der Merwe, gr. 2) 528 punte aangeteken.
Baie geluk aan die skuts.
Die Erries is besonder trots op julle.