Op Dinsdag 30 April het die Erries teen Hoërskool Secunda te staan gekom op die netbalbaan.
Albei skole het uitstekende netbal gespeel. Die o/14A-span verloor met 15 doele teenoor 24, die o/14B-span verloor 15-18 teen Secunda se B-span, maar wen met 21-19 teen die C-span.
Die o/15A-span verloor 14-32 en die B-span verloor met twee doele teenoor 32 teen die B-span, maar speel gelykop teen die C-span.
Albei die o/16-spanne verloor ongelukkig met onderskeidelik 9-32 (A-span) en 2-16 (B-span).
Die tweede span verloor ook met 13-25 en die Hoërskool Ermelo Calstar eerste netbalspan stap van die baan met ‘n oorwinning van 31-25.
Baie geluk aan elke dogter wat pragtige netbal gespeel het.
EHS is trots op elkeen.
Foto bo: Marni Prinsloo in die lug