Op Saterdag, 27 April, het Hoërskool Ermelo se dogtershokkie en rugbyspanne teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom.
Die Errie-dogters het uitstekende hokkie gespeel. Vanaf die o/14-spanne regdeur tot die eerstespan het elke dogter haar beste vir haar span gegee en het die Errie-eenheid uitgestaan.
Die o/14A-span wen 3 – 0. Jaclyn Venter teken twee doele aan met Landi Erasmus wat een doel slaan. Die o/15A-span wen 4 – 0. Kayla van der Meyden teken twee doele aan en Aloné Arnoldi en Anzelle Vosloo teken elk een doel aan. Die o/15B-span speel hul eerste vriendskaplike wedstryd en wen gemaklik 5 – 0.
Elandri Swart teken drie doele aan met Jalyn Bulford en Tebello Mokane wat elk een doel vir hul span slaan. Die o/16 A-span wen 2 – 0 met Anke de Kock wat die span se doele aanteken. EHS se tweedespan wen 8 – 0. Yané Broekman teken vier doele aan, Jani Hattingh slaan twee doele en Elizia van Heerden en Zeldine Pienaar teken elk een doel aan. Die Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan hokkiedogters wen 5 – 0.
Hanné Swart teken twee doele aan met Marla Oosthuizen, Simoné Ferreira en Clariz Olivier wat elk een doel slaan.
Die rugbyseuns van EHS het hard geveg op die veld en die spanne stap van die veld af met die volgende uitslae: die o/14A-span verloor 7 – 29 met Altus Boshoff wat die drie druk en Zian Kotze wat die drie verdoel.
Die o/15A-span verloor 6-34 met Wian Swart wat suksesvol is met twee strafskoppe. Die o/15B-span wen met 12-10. Vir dié span teken Siya Luvuno en Bongani Mahahula elk een drie aan en eersgenoemde verdoel een drie.
Die o/16A-span verloor 12-25. Lourens Erasmus druk twee drieë vir die span en Gunter Badenhorst druk een. Die o/16B-span verloor 0-22.
EHS se derdespan verloor 5-34 met Kenollo Nchela wat die drie druk. Die tweedespan speel gelykop met 19 punte elk. Linda Ndlovu druk een drie en Welcome Nkosi druk twee drieë. Robbie Brown verdoel twee van die drie drieë.
Die eerstespan van Hoërskool Ermelo wen met ‘n pragtige telling van 36-5. Hier is die puntemakers Francois du Plessis met twee drieë en Chad Coetzee, Dewald de Villiers en Luke Bulford druk elk een drie. Walter Visser verdoel vier drieë en skop een strafskop oor.
Baie geluk aan al die Erries wat uitstekend gespeel het gedurende die naweek!
EHS is trots op julle!
Foto bo: Michelson Mkwanazi met die bal en Dewald de Villiers skuins agter hom
