Die naweek van 11 en 12 Mei 2018 het die skuts van Hoƫrskool Ermelo aan die vierde prysskiet vir die jaar deelgeneem. Die kompetisie het op Ermelo by die skougronde plaasgevind. Ermelo- en Laeveldstreke het saam geskiet. Dit was strawwe kompetisie en die Erries het hul baie goed van hul taak gekwyt. Vyf van hulle het hul persoonlike beste tellings geskiet.
Die tellings was as volg:
Reinhart Vorster 1433, John-Henri van Zyl 1303, Pieter de Beer (L/S JJ van der Merwe) 1271, RĆ©nel Swanepoel 1242 (pb), Hendrea van Zyl 1165 (pb), GJ Swanepoel 1097 (pb), Herman Holtzhausen 1089 (pb) en Eloise Prinsloo 1025. Herentia van Zyl het ook haar pb geskiet.
Baie geluk, Erries. Dit is welgedaan.