Op Vrydag 11 Mei 2018 het Hoƫrskool Ermelo se gholfspanne aan die eerste rondte van die Gert Sibande Gholf-liga deelgeneem te Piet Retief Buiteklub.
Die Errie-gholfspelers het hul goed van hul taak gekwyt. Die A-span kon daarin slaag om 33 punte as span aan te teken, wat beteken dat hul tans die derde plek op die ranglys bekle. Tyron Dewar en Stefan Kemp dra elk 12 punte vir hierdie span by.
In die B-liga het die Erries se B-span ān totaal van 45 punte bymekaar gemaak en beklee ook, soos die A-span, die derde plek op die punteleer.Ā Wian Swart is hierdie span se hoof-puntemaker en teken sy kaart vir 18 punte.
In die C-liga het die Erries vanjaar twee spanne ingeskryf.Ā Die C1-span (52 punte) en C2-span (41 punte) speel uitstaande gholf en eindig na die eerste rondte onderskeidelik eerste en derde.
Daar lĆŖ harde werk voor vir al hierdie spelers om te verbeter voor die tweede rondte wat op Vrydag 18 Mei plaasvind te Bethal Buiteklub. Sterkte, Erries!
Foto bo:Ā Wian Swart, foto onder:Ā Diederik van der Walt