Die skietseisoen het op 22 Februarie 2018 vir die skuts van Hoërskool Ermelo begin.
Die skuts skiet ‘n kompetisie wat uit 1600 punte tel. Hul skiet twee 3P (3 posisies nl. lê, staan en kniel) kompetisies wat elkeen 600 punte tel, asook ‘n staankompetisie wat 400 punte tel. Daar word op 10m met luggewere en lugpistole geskiet. Die lugpistool-kompetisie bestaan uit twee kompetisies van 400 punte elk.
Hulle het aan die eerste prysskiet uit ses vir die jaar deel geneem. Verskeie nuwe skuts het aan hul eerste kompetisie deelgeneem en die senuwees het geknaag. Ten spyte hiervan het hul goeie tellings geskiet met ‘n hele paar skuts wat hul persoonlike bestes geskiet het:
Geweerskuts: Reinardt Vorster 1451 (pb), John-Henri van Zyl 1352 (pb), Pieter de Beer 1196 (pb en is in JJ van der Merwe Laerskool), Werner Janse van Vuuren 1098 (pb), Herman Holtzhausen 1082(pb), Renel Swanepoel 1078, Hendrea van Zyl 1056, en Eloise Prinsloo 1024.
Die volgende skuts het ook hul persoonlike beste tellings geskiet: Christiaan Venter, GJ Swanepeol, Dehandri Morkel, Herentia van Zyl, JP de Jager en Riku van der Bank.
In die pistoolafdeling het Rico Jordan 529 punte aangeteken.
Die skuts skiet weer op 9 en 10 Maart hul tweede kompetisie in Middelburg en die week daarop is dit die eerste rondte proewe vir die skuts wat saam met die SANSSU-span na Engeland toe wil gaan.
Baie geluk en baie sterkte aan elke skut!
Op die foto bo:
Voor (vlnr): Herentia van Zyl, JP de Jager
Middel (vlnr): Riku van der Bank, Hendrea van Zyl, Eloïse Prinsloo, Herman Hotzhauzen, Christiaan Venter
Agter (vlnr): GJ Swanepoel, Reinhardt Vorster, Renel Swanepoel, Werner Janse van Vuuren, Rico Jordan, John-Henri van Zyl
Become a Sponsor









