Surika Struwig, graad 8-leerder van Hoƫrskool Ermelo, het die naweek van 17 en 18 Februarie 2018 aan die eerste SANESA Skole perdry kwalifiserende rondte deelgeneem in Badplaas.
Sy het deelgeneem met haar perd Midas Touch Jedi en behaal ses eerste plekke in die ses klasse waaraan sy deelgeneem het: Performance Riding (vlak 5), Working Riding (vlak 5), Prix Caprilli (vlak 1; toets 1 en 2) en Medium Dresseer (toets 1 en 2).
Baie geluk, Surika! Die Erries is trots op jou!
Foto heel bo:Ā Surika Struwig in aksie