Errie-Jeugskouleerders het op Saterdag 24 Februarie 2018 te Middelburg aan die eerste Mpumalanga Jeugskou se streekskou deelgeneem en het puik presteer!
Divan Lourens het deelgeneem in die Senior konyn-afdeling en het ‘n derde plek behaal.
Kayla Lourens het in die Senior sierduif-afdeling deelgeneem en het ‘n eerste plek verower!
Ashleigh Lourens is Divan en Kayla se jonger sussie wat nog in die Laerskool is, maar reeds vir Hoërskool Ermelo deelneem in die Junior Sierduif-afdeling vir EHS en sys tap met die louere weg in hierdie afdeling!
Al drie is deur na die volgende rondte! Baie geluk en baie sterkte! Die Erries is besonder trots op julle!
Op die foto bo: (vlnr): Kayla, Divan en Ashleigh Lourens