EHS Atletiek. Op 28 Januarie het Hoërskool Ermelo aan ’n vriendskaplike byeenkoms te Hoërskool Nelspruit deelgeneem.
Afrikaans Hoër Seunskool, Afrikaans Hoër Meisieskool, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Rob Ferreira en Hoërskool Nelspruit is die skole waarteen die Erries moes skouers skuur.
Tyrone Berning (Seuns o.17) het die trofee vir die beste prestasie in hoogspring (twee meter), asook die beste prestasie in 400m-hekkies met ’n tyd van 54:75 sekondes ontvang.
Meeer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf