Caylin Loock
Op Saterdag, 31 Augustus, het vier van die Erries se landloopatlete aan die Mpumalanga-kampioenskap deelgeneem te Rob Ferreira.
Bongmusa Vilakazi eindig twintigste by die o/14-seuns, Luyanda Mabuza behaal ‘n negende plek by die o/19-seuns, asook Chantalle Swart by die o/16-dogters. Caylin Loock behaal ‘n uitstekende vierde plek by die o/15-dogters en kwalifiseer hiermee om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem wat op 20 September te Rob Ferreira plaasvind.
Baie geluk aan elkeen van hierdie vier atlete. EHS is besonder trots op julle. Caylin, baie sterkte met die SA’s wat voorlê – die Erries staan bankvas agter jou!