Die Erries se o/15A-Fast 5-netbalspan
Op Saterdag, 31 Augustus, het Hoƫrskool Ermelo-netbal neem deelgeneem aan die Middelburg FAST 5-toernooi.
Die dogters het pragtige netbal gespeel en het uitstekend gevaar tydens die toernooi.
Die o/15A-span wen vier uit hul vyf wedstryde: EHS wen Standerton 42-11, wen Kanonkop 23-12, EHS wen Patriot 32-8, EHS wen Kanonkop wƩƩr met 24-17, maar verloor ongelukkig teen Hoƫrskool Nelspruit 17-24 en eindig derde in die toernooi.
Die o/17A-span wen vyf wedstryde uit die ses wat hulle gespeel het en spog met die volgende tellings: EHS wen John Voster 13-12, EHS wen Kanonkop 29-17, EHS verloor teen Middelburg A met 10-20, EHS wen Standerton 18-10, EHS wen Kanonkop B 26-6 en EHS wen Middelburg B 21-4. DiƩ uitslae verseker dat die o/17A-span van Hoƫrskool Ermelo as naaswenners wegstap.
Die Erries is veral trots op SunƩ Viljoen wat as die o/17-speler van die toernooi aangewys is.
Baie geluk aan al die dogters met pragtige uitslae! EHS is besonder trots op die Fast 5-netbal.