Op Saterdag, 31 Augustus, het die o/17A-sewes rugbyspan van Hoërskool Ermelo aan die Hino-toernooi in Middelburg deelgeneem.
Die uitslae van die dag getuig van pragtige rugby wat die seuns gespeel het.
EHS wen Standerton 19-17, EHS wen Rob Ferriera 10-5, EHS wen Steelcrest 33-7, EHS wen Uplands 33-12, maar verloor ongelukkig met 45-7 teen Middelburg Hoërskool in die semi-finaal.
Uit 20 spanne wat aan die dag deelgeneem het, eindig die Erries onder die top vier.
Baie geluk met die prestasie, seuns. Die Erries is trots op elkeen!