Ligbron se o/15 seuns 5’s hokkiespan wat die junior afdeling van die Mpumalanga 5’s hokkietoernooi gewen het.
Die o/15 seuns 5’s hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek, Vrydag en Saterdag, 30 en 31 Augustus, in Nelspruit aan die Mpumalanga 5’s hokkietoernooi deelgeneem wat by Penryn College aangebied was. Ligbron se span het die volgende uitslae behaal: verloor 4-5 teen Hoërskool Bergvlam, wen 7-4 teen Curro Nelspruit, wen 8-2 teen Hoërskool Lydenburg, wen 15-0 teen Penryn 1, wen 6-2 teen Penryn 2, wen 11-4 teen Hoërskool Rob Ferreira en wen 6-4 teen Uplands College.
Die Liggie wen die junior afdeling van die toernooi en ontvang hiervoor ‘n pragtige trofee. Sibonele Buthelezi het ook ‘n trofee ontvang vir die speler met die meeste doele aangeteken. Baie geluk aan hierdie span met julle pragtige uitslae.