Hoƫrskool Durbanville het die afgelope paar jaar op gereelde basis SA aksienetbalspelers opgelewer.
Na afloop van die nasionale kampioenskappe, wat tydens die vakansie plaasgevind het, is die SA Aksienetbalspan bekendgemaak.
Durbies se AmonƩ Wessels en Lienka Serfontein is albei vir hul puik vertonings beloon met hul insluiting in die SA Aksienetbalspan.
Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!
V.l.n.r. Lienka Serfontein & AmonƩ Wessels