Hoƫrskool Durbanville se hokkiespanne het tydens die skoolvakansie na Bloemfontein gereis.
Die Durbies se gedrag en dissipline was puik op die astro sowel as van die baan af.
Die seunsspanne het puik presteer:
o14A Seuns – 2de
o16A Seuns – 1ste
o19A Seuns – 2de
Die dogtersspanne het goed gevaar, maar ongelukkig een verloor in die uitspeelwedstryde beteken dat hulle dadelik uitgeval het en moes tevrede wees met die nommer 1 posisie in poel B.
Die volgende Durbies het puik presteer en is opgeneem in die toernooispanne, wat na afloop van die toernooi gekies was:
HelƩne van Jaarsveld (o19 Dogters):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan
Ā· Gekroon as Mej. ECHS
Ā· Toekenning vir beste o19 middelveldspeler
Bianka Brƶnn (o19 Dogters):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan
Ben Venter (o19 Seuns):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan
Ā· Gekroon as Mnr. ECHS
Jan Abraham Smuts (o19 Seuns):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan
Luhann Pienaar (o16 Seuns):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan
Lisa Kƶmmer (o16 Dogters):
Ā· Toekenning vir beste o16 middelveldspeler
Me. Rachelle Basson (o19 Dogtersafrigter):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan as afrigter
Mnr. Robin Pearton (o19 Seunsafrigter):
Ā· Gekies vir o19 toernooispan as afrigter
Ā· Gekies vir o16 seunsspan as afrigter wat Nederland toe toer
Die volgende spelers is gekies om Nederland toe te toer in hul betrokke ouderdomsgroep:
Ā· Benjamin Butler (o14 Seuns), James Ten Cate(o14 Seuns), Annique Breytenbach (o14 Dogters) en Celeste Crafford (o16 Dogters)
Baie dankie aan almal wat die toer meegemaak het.
Dankie aan die afrigters en geluk aan die spelers.
Die Durbies sien met groot verwagting uit na die hokkieseisoen.
Foto:Ā Benjamin Butler