Hierdie twee kranige tennisspelers van Laerskool Outeniqua, Drikus de Jager en Martin Mostert, is na afloop van die SATA Laerskole Tenniskampioenskappe, opgeneem in die SA Laerskole Tennisspan wat later hierdie jaar Amerika toe toer. 16 provinsies regoor die land het meegeding en slegs 8 seuns en 8 dogters is gekies. Voorwaar ‘n pragtige prestasie.
v.l.nr. Drikus de Jager, Martin Mostert