Die Hoofseundas. Die geskiedenis van die Hoofseundas van Affies word sedert 2005 jaarliks van een hoofman na die volgende oorgedra. Na byna 20 jaar om die nekke van sekerlik van die bedrywigste manne op die Plaas is dit tyd om hom met ‘n nuwe das te vervang.
Louis Taljaard (hoofseun, 2005) het gisteraand die Affieraad-inhuldiging bygewoon om die nuwe das te oorhandig. Op die foto verskyn Louis tussen Andru van Zyl, hoofseun 2025, en Theuns Maritz, hoofseun 2024, met hul spoggerige nuwe dasse.
Lees gerus sy verhaal oor die das en die manne wat voor hom, en na hom, die voortou geneem het:
De Wet Coetsee
“Die Hoofseun van Affies was nog altyd ‘n persoon wie se naam ek onthou. Selfs toe ek in die laerskool was. Die eerste naam was De Wet Coetsee (2000). Hy was deel van die Junior Stadsraad van Pretoria en het in die koor gesing.
Na De Wet was dit my Meester, Ehrhard Furstenburgh (2001), ‘n vasbeslote, ferm man wat altyd in die middel, ‘n ry voor die matrieks, op die pawiljoen gestaan het.
In 2002 was dit PJ Vivier, wat alom bekendstaan as die beste Hoofman in Affies se geskiedenis. Hy het met ‘n desperate duik oor die wenstreep tydens ‘n 400m hekkies wedloop by HTS Middelburg, elke Affie se respek gewen.
Na PJ was dit Ernst Moller in 2003. Ernst was ook hoofseun van Laerskool Wierdapark en het die momentum goed gehandhaaf na PJ.
In 2004 was dit Louis Wilken wat die platform met welslae vir my voorberei het in 2005. Vroeg winter 2005 besluit ek om hulde te bring aan al die name wat so groot impak op my gemaak het tydens my tyd op Affies. Wat is dan nou beter as ‘n unieke das, ‘n hoofseun-das? Te danke aan my ma se handige naaldwerkhand, knoop die hoofseundas vir die eerste keer in 2005 om my nek.
Na my onvergeetlike jaar oorhandig ek die hoofseundas aan Carl von Bratt (2006) met die boodskap om die tradisie voort te sit, met begrip dat die verantwoordelikheid slegs ‘n voorreg is.
Mag hierdie tradisie nog lank bly voortleef. Heil die Affies!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








