[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Die “VERSKRIKLIKSTE MATRIEKKLAS” (volgens mnr. Marius van Zyl, oud-adjunkhoof van Hoërskool Strand ) het op 7 Oktober 2017 hul 40-jaar skool reünie by die Strand Gholfklub gehou. Hierdie oud-arende het verseker ag geslaan op die Skool se leuse en deur naskool te “Volhard en (te) oorwin” doen elkeen van die Klas baie goed vir hulself en staan hul plekke (meer as) vol in die samelewing. Die komitee (sien foto) het bestaan uit voorsitter Louis van Zyl (Algemene bestuurder van Hortgro in die Paarl) en addisionele lede, Rose Lloyd/Basson (Redakteur van die Oudskoliere-bond nuusbrief) en Elizabeth Morkel/de Jongh (van Liesbet de Jongh spyseniers in die Strand-omgewing). Al drie is verbonde aan die OSB van die skool.
STATISTIEKE:
In 1977 was daar 99 leerlinge in hierdie klas en gedurende die afgelope paar jaar is daar kontak gemaak met klasmaats op verskeie wyses. Sekere klasmaats is steeds soek en daar is ongelukkig reeds 7 van die Klas (waarvan bewus) oorlede, naamlik Ian Levy (reeds in 1973), Jonathen Ruthven, Tossie Basson, Johan Strauss, Fransisca de Wet/Neveling, Lynette Wright/Haggart en Corisa Bredenkamp.
Die funksie is bygewoon deur ongeveer 46 gaste, waarvan 25 ’77-klasmaats (en een gewese skooljuffrou) was. Ongeveer 18 oudleerders was saam in Laerskool Lochnerhof en hulle was die volgende: Nollie Lochner, Piet Germishuys, Piet Nel, Marietjie Van Wyk/Uys, Marlene Heyns/Kemp, Ilse Kreuser/Lochner, Wimpie Swart, André Calitz, Pierre van Zyl, Marius van Zyl, Stan Henning, Sam Nolte, Pierre van Dyk, Alna Le Roux/Eksteen, Salomé Henning, Estelle Pretorius/Toua, Karen de Villiers en Jochemes Prinsloo (‘n bekende skilder en eienaar van Beachcomber warehouse).
By vorige reünies was die vier gewese hoofleerders (Ds. Johan Enslin, Alma du Toit [nee Truter], Dr. Jean Olivier en Estelle Toua [nee Pretorius]) almal teenwoordig, maar by die afgelope reünie was daar slegs een gewese hoofleier, nl. Estelle Toua, teenwoordig. Die matriekklas van ’77 wat die beste verteenwoordig was, was die 10 A- Klas. Die klasmaats het van so ver as Afghanistan af gekom, asook van Gauteng, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en Strand-omgewing.
GROOT KLASFOTO van mans en vrouens
Mans v.l.n.r.: Marius van Zyl (‘n prokureur van Malmesbury), (prof.) Roelf van Niekerk (verbonde aan die Nelson Mandele Universiteit van Port Elizabeth), Piet Nel, Nollie Lochner, Sam Nolte, Jochemes Prinsloo, Piet Germishuys, Johann Lötter, Pierre van Dyk en André Calitz,
Vrouens v.l.n.r.: Alna Eksteen (nee Le Roux ), Eubeth Beyers, Karen de Villiers, Marietjie Uys (nee Van Wyk), Marlene Kemp (nee Heyns) en Rose Basson (nee Lloyd)
Onder (gemeng) v.l.n.r.: Stanley Henning, Estelle Toua, Louis (Outjo) van Zyl, me. Hannie Futcher (oud-huishoudkunde juffrou),
Salomé Henning (Van der Merwe) en Ilse Lochner (Kreuser).
Teenwoordig op funksie, maar nie op die foto: Elizabeth de Jongh), Johnny Barter, Wimpie Swart en Pierre van Zyl.
Foto van Dames/Vrouens
Staande v.l.n.r.: Eubeth Beyers, Marietjie Uys, Rose Basson, Marlene Kemp en Karen de Villiers,
Sittend v.l.n.r.: Ilse Lochner, Alna Eksteen en Salomé Henning.
Die VERLOOP van die aand was soos volg:
Die Verwelkoming is gedoen deur Elizabeth de Jongh, die Bedankings (veral aan die Leerkragte van Hoërskool Strand) en gebed is gedoen deur (prof.) Roelf van Niekerk en die
Oorhandiging van die blomme aan me. Hannie Futcher (en in absentia aan me. Ria Barnard/Van der Wateren) is gedoen deur Karen de Villiers (Algemene Bestuurder van die Soverby Gastehuis op Stellenbosch). Laastens is die toespraak deur Marius van Zyl (‘n prokureur van Malmesbury en gerekende spreker) gemaak en hy het die Klas op ‘n pad geneem van goue onthou vanaf 1973 tot en met 1977.
Hy het sy praatjie afgesluit deur aan elkeen “‘n Handvol gruis” (‘n gedig van C. Louis Leipoldt, 1980) te gee, met die beklemtoning dat hierdie “Verskriklikes” so ryk soos konings is in herinnering aan ons liewe Hoërskool Strand, sy leerkragte (van 1973-1977) en die omgewing.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Die-77-Matriekklas-bring-hulde-aan-Hoërskool-Strand-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Die-77-Matriekklas-bring-hulde-aan-Hoërskool-Strand-2.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]