Elke jaar bied die JSE ān beleggingskompetisie aan waartydens leerders deur die koop en verkoop van aandele teen mekaar deelneem. Die kompetisie word in 3 portefeuljes geloods, naamlik āIncomeā (Lae risiko beleggings), “Equity” (aandeelbeleggings) en “Speculator” (hoĆ«risiko-beleggings). Die kompetisie strek van Maart tot September. Die hoofkompetisie word onderverdeel in 6 maand-kompetisies. Vir die maand Junie / Julie het die DF-groep (MJJJ) gewen. Hul het ān gemiddelde groei van 8,5 persent oor hierdie tydperk gehandhaaf.
Die groep bestaan uit (v.l.n.r.) Julia Roelofse, Jessica Smith, Jaco Wagenaar en Marle Cooper.