Nege Kwaggas van HoĆ«rskool Outeniqua in George, gaan op 17 en 18 Augustus aan die ATKV redenaars en debat se eindronde in Rustenburg deelneem. Hanro MĆ¼ller het vir die tweede agtereenvolgende jaar na die redenaars en debat se finale rondes deurgedring. Tydens hierdie uiters strawwe kompetisies het die Kwaggas hulle staal gewys en by die eindronde sal hulle skouers skuur met die room van die land se jong woordkunstenaars.
Die Kwaggas is besonder trots op hierdie leerders!
Op die foto bo:
Agter: Carina Duvenhage(debat); Craig Bredenkamp(redenaars); HanroĀ MĆ¼ller(debat en redenaars); Michael Bezuidenhout(debat) en ElleĀ Engelbrecht(redenaars).
Voor: RhodƩ Ferreira(debat); Joslin Swanepoel(debat); Emma Cronje(debat) en
Elizna Coetzee (debat).