Debat. Die nasionale Dink-of-Sink Debatskompetisie het vanjaar weer aanlyn plaasgevind. Hoërskool DF Malan is trots om te sê dat Eileen Vermeulen aangewys is as een van die ses beste juniorsprekers in die land.
Die Dink-of-Sink-kompetisie vind sedert verlede jaar aanlyn plaas om die uitdagings wat die pandemie bied, te bowe te kom. Vanjaar is besluit dat pryse ook toegeken word aan die ses beste individuele sprekers in die junior en senior kategorieë. Dit is sprekers wat hul standpunte besonder goed kon motiveer of oordra, of uitsonderlik keurige Afrikaans kon gebruik.
Baie geluk, Eileen.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoërskool DF Malan: